Steve’s Auto Clinic, soos gewoonlik, is aan die voorfront van hierdie tegnologiese deurbraak en het alreeds verskeie opgraderings opsies teen opsigte van die bogenoemde voertuie. |
Maar wat as jy nie so duur turboaangedrewe monster het nie, maar nog steeds saam met die luikrug VW manne wil baljaar? |
Natuurlik is jy dan die trotse eienaar van ‘n standaard voertuig en die goeie nuus wat daarmee gepaard gaan is dat alhoewel SAC die kenners is met betrekking tot die betroubare opgradering van alle soorte voertuie, is hulle onbetwyfeld die spesialiste waar dit by die Volkswagen reeks produkte kom. |
Hulle is al in dié bevoorregte posisie vir die afgelope 25 jaar. |
Laat jou gedagtes net terugslaan na die dae toe die SAC 6-spoed Polo Tecs gesogte items was wat op ons paaie deur talle mans letterlik gevrees was. |
Moet ook nie vergeet van die klientebasis van SAC met hulle 16 klep Golf’s wat nooit ‘n tydren of byeenkoms by hoogs kompeteerende klub dae verloor het nie. |
Die hart, siel en uiteindelike sukses met betrekking tot dié werksverrigting opgraderings het begin by die silinderkop opgraderings van hierdie voertuie. |
Tot vandag toe is hierdie silinderkop area die enigste bron van waardige werkverrigting wat ‘n ernstige stemmer tot sy beskikking het. |
Daarom, is die silinderkoppe ‘n deeglike proses deurgesit in SAC se super modern silinderkop werkswinkel om te verseker dat dit die perseel verlaat beter as nuut, veral as dit kom by die vloei faktoor. |
Groot kleppe, gepaste nokasse, gesnyde en gevloeide verdeelpype en gevloeide versneler kele was alles vasgeboud aan ‘n hoë gehalte onbelemmerde uitlaatstelsel en daarna perfek ingestel met ‘n Unichip geprogrammeerde module. |
Dit was nie verbasend om te hoor van ‘n 1.4 liter Polo of Citi Golf wat ingekom het na een van hulle talle takke landwyd met ‘n skrale 60 kW se enjin krag en om die werkswinkel te verlaat ‘n paar dae later met so asemrowende 100kW se krag uit sy nuwe, bros 2.0 liter kragmasjinerie. |
Terug in die ou dae was dit nie nodig om geld te mors op nuwe modelle aankope nie. |
Maar, wil dit blyk asof ons tegnologiese mal generasie van vandag daai goeie ou dae in die joernale van geskiedenis ingedryf het? |
Beslis nie! Altans, nou meer as ooit tevore, is dit noodsaaklik om daardie ou voertuig vas te hou. |
Dit is daar waar SAC inkom, met verskeie opsies om in rekenskap te bring as jy die nood voel om daai ou Polo of Citi Golf wil bietjie opknap. |
Ongeag of jy net so bietjie verbetering aan jou kar wil aanbring of die hele pad wil stap en jou 1.4 liter in ‘n vuurwarm 2.0 liter wil herskep, het SAC ‘n opsie om jou omstandighede en jou sak te pas. |
In die proses, sal hulle jou ook duisende rande spaar wat ‘n nuwe voertuig op skuld jou mee sal belas. |
Vir gerieflikheid en ‘n blitsvinnige omsettyd, het SAC die kompleet reeks VW opgraderings produkte in voorraad. |
Van nuwe silinderkoppe tot groot klep, gevloeide koppe asook lug filters en Unichips het SAC alles byderhand. |
Om meer te lees or die suksesverhaal van hierdie opgraderings pakette, gaan lees graag van die padtoetse op Steve’s Auto Clinic se webblad by www.steves.co.za. |
Daarna, skakel gerus ‘n verkoopskonsultant by u naaste tak om die beste opsie wat u sak gaan pas te reël. |
|
All prices quoted in these articles were correct at the time of going to press. Click here to confirm current pricing and availability of product. |