 |
| ROADTESTS |
| SAC's Ford Fiesta Conversion |
| Giftig! | | Hy's lewendig - die warmgemaakte weergawe van die 1998 Motor van die jaar. | | Hoewel 'n 1,3 liter model die titel verlede jaar ingepalm het, het Steve's Auto Clinic (SAC) heelwat aan die nuwer weergawe met sy 1400 enjin gepeuter en ons het sommer gou aan die besonderse gifappeltjie geheg geraak. | | SAC, 'n ombou-onderneming met takke landwyd, is daarvoor bekend dat motors by hul werkswinkels uitry met heelwat meer oemf. | |  | |
| En met die Ford Fiesta 1,4I het SAC die geleentheid gesien om die motor kragtiger te maak deur onder meer die slagvolume tot 1,6 liter te vergroot. |
| Die doel was nie om 'n renmotor te bou nie, maar om die Fiesta bloot nog gewilliger in die stad te maak - sonder dat soveel petrolgeld betaal moet word dat die eienaar later nie meer sy speelding geniet nie. |
| Eastvaal Ford in Middelburg, einaar van die motor, het verskeie veranderinge aan die' geel Ford Fiesta 1,4I aangebring. |
| Die veringstelsel (MacPherson-stutte met 'n stabiliseerstaaf voor, en 'n half-onafhanklike stelsel met 'n wringstaaf agter) is 30mm laer en die wiele is vervang met EVO-R-vellings, geskoei met Yokohama A520's van 195/45/15. |
| Kleurgepaste bakskorte is aangebring, en die prentjie is afgerond met 'n opvallende drukvlerk op die agterklap. |
| Daarna het SAC se personeel vyf dae lank onder die enjinkap gewerskaf... |
| Die silinderkop en inlaatspruitstuk is gegasvloei en die verbrandingskamer is aangepas om die slagvolume tot 1,6 liter te vergroot, waarna die klepbedding teen 'n spesiale hoek gekantel is. |
| 'n Billet-nokas van 270 grade en die krukas en suiers van 'n 1,6 liter-enjin is aangebring, en so ook 'n ander uitlaat-spruitstuk, 'n vryvloei-uitlaatstelsel en 'n verstelbare brandstofdruk-reguleerder. |
| Die afstand- en spoedmeter is gekalibreer om by die nuwe bandgrote aan te pas, en toe is die spierbuksie op 'n dinamometer gesit... |
| Feite en syfers |
| Enjin: |
| Slagvolume 1 600 cc, Kraglewering 57kW @ 5 800 r/min, Wringkrag 214Nm @ 4 500 r/min |
| Verrigting: |
| 0-100 km/h 12,8s, Topspoed 182 km/h |
| Waarborg: |
| SAC "Why Worry" waarborg |
| |
| By die voorwiele gemeet het die motor se kraglewering van 38kW teen 5 600 r/min to 57kW teen 5 800 r/min toegeneem; en die wringkrag syfer van 158Nm teen 4 500 r/min. |
| Met die kragverlies ven die aandrywingskomponente in ag geneem, het SAC verder wiskundig bepaal dat die kraglewering by die vliegwiel van 55 to 82 kW teogeneem het. |
| Dit vergelyk goed met die' van sy mededingers se standaard-enjins, waaronder die Opel Corsa 160i (75kW), Polo Playa 1,6i (74kW) en Toyota Conquest 160i RS (79kW). |
| Die verrigtingsyfers was imponerend. Dit het gemiddeld 5,1s geduur om tot 60 km/h te versnel, 8,4s tot 80 km/h en 12,8s tot 100 km/h ('n hele sekonde vinniger as die Polo Playa 1,6i). |
| In ons verbysteektoetse het die Fiesta in derde rat in 8,3s van 60 tot 100 km/h versnel, en in net 13,8s van 80 tot 120 km/h (vergeleke met die Polo se 19,0s!), wat dui op goeie wringkraglewering. |
| Die oorspronklike ratverhoudings is behou en die motor het glad deur elke rat tot by die toerebeperker versnel. |
| Hoewel die manne van SAC daarop aanspraak maak dat hulle 193 km/h (teen die toerebeperker) kon behaal, het ons 'n ware topspoed van 182 km/h aangeteken. |
| Dit het gemiddeld 3,4s geduur om die Fiesta, met skyfremme voor en trommels agter, vanaf 100 km/h tot stilstand te dwing. |
| Die pedaalgevoel in die' strawwe remtoestande was egter dood en kliphard - waarskynlik weens die bande se klouvermoe - en ons meen 'n groter remversterker kan dalk help. |
| Op die heuwelagtige pad tussen Johannesburg en Gerotek het die giftige Fiesta sekuur aan die padoppervlak gekleef, en op die toetsterrein het 'n mate van (maklik beheerbare) stuurtraagheid as die oorheersende hanteereienskap na vore getree. |
| Die standaard-Fiesta hanteer reeds goed, en die bree bande met hul lae profiel, asook 'n laer veringstelsel dra nog verder daarby toe. |
| Ons vrese dat dit die ritgehalte erg negatief sou beinvloed, was egter ongegrond. |
| Die Fiesta se rit was gerieflik en het baie aan die' van die standaard-model herinner. |
| SAC se enjin-ombouing kan op enige Fiesta 1,4 uitgevoer word, wat SAC se omvattende "Why Worry"- waarborg insluit en boonop beskik alle SAC-werk oor die AA-Gehaltegradering. |
| |
| Click Here to get an SAC consultant to advise you! |
| Click here for more about our conversions |
| Performance / power conversions, modifications, engine upgrades available for Alfa, Audi, BMW, Chev, Chrysler, Colt, Ford, Honda, Hyundai, Isuzu, Jeep, Kia, Mazda, Mercedes, Mini, Nissan, Opel, Toyota, VW and more... |