 |
| ROADTESTS |
| SAC VolksWagen PoloTech 2.0i |
 | Magazine | | | - Spierewaaier - | | 'n Polo Classic met 'n tweeliter-kenteken ? | | En jy dink nog ewe dat Polo's slegs met 1400-, 1600- en 1800-enjins beskikbaar is ! | | Nee, dis eintlik 'n omgeboude motor die' - 'n gesamentlike projek deur twee bekende private ondernemings. | | Die ombouing geskied in samewerking met VWSA, en die motor se waarborg word nie aangetas nie. | | Hier is WIEL se ry-indrukke van die PoloTech 2.0i. | |  | |
| 'n Eiesoortige woordeskat word op ons land se renbane aangetref. |
| Een so 'n uitdrukking is "Polo Pretention" - 'n tong-in-die-kies-verwysing na die Polo Classic-renmotors se allerheerlike enjinklank. |
| Nee, daar is nie renplanne vir die omgeboude PoloTech 2.0i nie. |
| Wat wel vermag is, is om 'n pragmotor te skep wat nie net kragtig en mooi is nie, maar wat ook daardie windmakerige renmotorklank opwek. |
| 'n "Renmotor" vir die man op straat, as't ware... |
| WIEL se toetsmodel was voorheen 'n standaard-Polo Classic 1.8i Lux. |
| Dis voordat Steve's Auto Clinic (SAC) se tegnici, en SporTech se stileerspan, die motor onder hande geneem het. |
| En nou sien die Polo heel anders daaruit. |
| Eerstens is daar die buitestilering, wat meer sportief gemaak is deur SporTech se drukvin, allooiwiele en voorste lugskort. |
| 'n Momo-stuurwiel, koolstofvesel-ratknop en chroom-deurknoppies onderskei die motor se binneruim van sy standaard-broers. |
| Tweedens, daardie besondere tweeliter-kragbron: Waar die standaardmotor 56kW krag aan die voorwiele gelewer het, stoot die 2.0-PoloTech 83kW uit - 'n verbetering van byna vyftig persent ! |
| Nou kan jy 'n topspoed van 199 km/h uit die Polo tap, en as die toerebeperker nie gekeer het nie, sou ons sekerlik nog so ietsie by die' syfer kon voeg. |
| Die PoloTech is ook heel rats uit die wegspringblokke: Die 0-100 km/h-versneltyd is slegs 9.8 sekonde. |
| Vergeleke met die standaard-Polo 1.8i se verrigtingsyfers (189 km/h - topspoed, en 0-100 km/h in 12.2 sekonde), is dit duidelik dat die tweeliter sommer heelwat meer skop het. |
| In stadsverkeer is die PoloTech pure plesier, en met die wegspringslag voel jy duidelik dat 'n kragtige enjin onder die' enjinkap skuil. |
| Daar is sommer hope wringkrag by lae toere. |
| Die standaar-Polo word ietwat deur oormatige bakrol gekniehalter, en ook die' probleem is deur SporTech aangespreek. |
| Die PoloTech is effens nader aan die teer geplant, en nou sy hy nie net beter op die pad nie, maar het ook minder bakrol. |
| Ongelukkig word die ritgehalte ietwat deur die lae vering benadeel, en die agtervering raas effens as jy bagasie in die bak stop en oor 'n hobbel ry... |
| Tog het ons gevind dat die 2.0i goed hanteer, maklik bestuur, en sommer hope aandag trek. |
| 'n Mens hoef nie die hele ombouing te bestel nie. |
| Jy kan self kies hoeveel veranderinge jy wil laat aanbring, en dit bepaal natuurlik die koste. |
| Rig navrae aan enige SAC Tak reg oor die land. |
| Enjinveranderinge deur SAC: |
Slagvolume vergroot vanaf 1.8 liter na 2.0 liter. Nuwe suiers en krukas - steeds egte Volkswagen-onderdele. Nuwe "Pretender"-nokasspesifikasies, gemik op unieke enjinklank. Brandstofinspuiting verstel om by die groter slagvolume aan te pas. Inlaatspruitstuk gestroomlyn, en aangepas by brandstoflewering. Silinderkop gestroomlyn, en groter inlaatkleppe aangebring. Nuwe "Polo Race Pretention" - krukasspesifikasies. Opsioneel: 'n Langer vyfde ratverhouding. Uitlaatstelsel: Standaard, maar verskeie opsies wel beskikbaar. Kragtoename: 56kW na 83kW (by die wiele gemeet) |
| Stileer- en vering-aanpassings deur SporTech: |
Nuwe lugskorte Sierwiele van 15 duim 'n Kleurgepaste stert en 'n bykomende remlig 'n Momo-stuurwiel 'n Rathefboomknop met koolstofveselbeslag Verchroomde deurslotknoppies Veringstelsel met sowat 40mm verlaag |
| |
| Click Here to get an SAC consultant to advise you! |
| Click here for more about our conversions |
| Performance / power conversions, modifications, engine upgrades available for Alfa, Audi, BMW, Chev, Chrysler, Colt, Ford, Honda, Hyundai, Isuzu, Jeep, Kia, Mazda, Mercedes, Mini, Nissan, Opel, Toyota, VW and more... |