 | | | |  | | ROADTESTS |  | Magazine | Double Cab Bakkie Shootout |  | | Die mark vir eenton-ontspannings bakkies vertoon steeds stewig, maar nie meer soseer die 4x4-sektor nie. | | Deedae lê die groei by 4x2-bakkies, want al hoe meer kopers wil uitspan voertuie hê met al die kenmerke van die bonkige 4x4's, sonder om die brandstofverbruik-prys te betaal. | | Ons het die top-diesel modelle in Toyota, Ford, Nissan, Isuzu en Colt se reekse geneem om te kyk watter een in die 4x2-bakkieslag seëvier. | | | | | Sedert ons groot uitkloptoets met 4x4-diesel vretende eenton bakkies sowat ander half jaar gelede waarin die Isuzu KB 280 DT LX geseëvier het, met Nissan se Hardbody 2,7 TD SE die naas wenner, gevolg deur die Toyota Hilux 2,8 TD, Ford Courier 2,5 TD en die Colt 2500 Diesel, het dinge in die bakkie mark heelwat verander. | | Toyota en Colt het verlede jaar splinter nuwe bakkie reekse bekend gestel, en hulle is later in die jaar deur Nissan gevolg, terwyl Ford en Mazda sowat drie maande gelede onderskeidelik hul nuwe Ranger- en Drifter-reekse hier beskikbaar gestel het. | | Intussen is detail veranderinge aan Isuzu se KB-reeks aangebring, en met die vyf belangrikste spelers in die eenton-bakkiemark se nuweling reekse nou volledig, het ons besluit om te kyk hoe hulle teen mekaar opweeg. | | Ons het egter besluit om nie hierdie keer 4x4's teen mekaar te vergelyk nie, maar wel 4x2's, in die lig van die groeitoename in veral die ontspannigs deel van dié mark - soos toenemend meer kopers agterkom hulle het nie noodwendig 'n vierwielaangedrewe voertuig vir hul naweek-uitstappies nodig nie, hoewel hulle steeds die gerief en veelsydigheid van 'n stewige bakkie wil hê. | | Dié bakkies word al hoe meer as 'n eerste gesins voertuig gebruik, en dien dus as alle daagse stad vervoermiddel, met 'n sekondêre rol as naweek-uitspan voertuig. | | Diegene wat 'n 4x2 aanskaf, wil nie noodwendig afgeleë plekke soos die Visrivier-skeur vallei of Mosambiek deur kruis nie, maar soek darem 'n ryding met beperkte veldryvermoë om rowwe grondpaaie en rivier beddings mee te kan pak. | | Dit beteken dié bakkies moet minstens 'n ewenaarslot hê, en ook 'n hoogloop-pakket - nie so seer vir gronvryhoogte nie, maar eerder om soos sy 4x4-kollegas te vertoon - sodat status bewustes nie voel hulle hoef vir die vierwieldryf-weergawes terug te staan nie. | | Omdat brandstof duur is, het ons ook besluit om die top- dubbel kajuit-diesel model in elke vervaardiger se reeks te kry, en Toyota het goed gunstelik sy Hilux 3000D Raider aan ons beskikbaar gemaak, terwyl ons 'n Ranger 2500 TD Hi-Trail XLT van Ford ontvang het, 'n Pioneer 2800 TDi van Colt, 'n Hardbody 3,2 SE-dubbel kajuit van Nissan en 'n KB 280 DT- dubbel kajuit van Isuzu. | | In ons toets is groter klem op die rybaarheid, gerief en toerusting, as ook verrigting en hantering op teerpaaie, gelê, hoewel ons ook 'n relatief mak veldroete aangepak het. | | Ons gereelde medewerker Willie Nel het gehelp met die evaluasie, as ook die veldren-egpaar Tony en Mandy Yeo, en ons bevindinge mag dalk vir sommige verbasend wees... | | | Bevinding | | Ons het gou in ons toets gevind dat elke bakkie goeie, sowel as slegte eienskappe het, en dat die een met die beste balans die wenner sou wees. | | Net soos met die Toyota, het die sukkelende normaal-geaspireerde enjin van die Nissan, met sy minder uitspattige stilering, gemiddelde kajuitruimte en so-so rygerief en hantering, erg teen hom getel, asook sy redelik hoë prys en brandstofverbruik, en daarom plaas ons hom vyfde. | | Ons plaas hom vierde, maar meen dié bakkie sal 'n wenner wees met 'n enjin wat vir beter verrigting sorg. | | Die Toyota se enjin is nog swakker as dié van die Nissan, maar sy ruim en aangename kajuit, goeie ritgerief en hantering, redelike prys en brandstof verbruik, het vir hom punte ingesamel. | | Die Colt en Isuzu was waardige kroonaanspraakmakers, maar hoewel die Isuzu se binneruim 'n pelsier is, en dit ook die beste hantering en verbruik van die klomp het, is sy prys hoog - R 15 000 duurder as die Colt. | | Daarenteen is die Colt se verrigting uitmuntend, as ook sy stilering, hantering en petrol verbruik as sy enjin grootte in ag geneem word. | | Tog is sy binneruim spartaans in vergelyking met die ander, en ons meen sy leersitplekke kan eerder plek maak vir dinge soos elektriese ruitbeheer en afstandbeheerde sluiting en alarm/immobiliseerder. | | Dit het kopkrap gekos om te besluit watter een derde sou wees, maar uiteindelik is besluit op die Colt, omdat ons gemeen het 'n voertuig in dié klas behoort 'n beter spesifikasie vlak te hê. | | Dit los die Isuzu en die Ford, maar dit was duidelik dat die Isuzu se prys sterk teen hom tel in vergelyking met dié van die Ranger. | | Die Ranger het ook goeie verrigting, 'n goeie spesifikasievlak en lekker binneruim, asook aanvaarbare hantering en rygerief - teen 'n uiters billike prys, en dit het die skaal goed in sy guns geswaai as wenner van ons dubbelkajuit-4x2-uitkloptoets. | | Volgorde | | Ford Ranger 2500 TDi Hi-Trail, Isuzu KB280 DT LX, Colt 2800 TDi Pioneer, Toyota Hilux 3000D 4x2 Raider, Nissan Hardebak 3,2 SE Diesel | | | | | Click Here to get an SAC consultant to advise you! | | Click here for more about our conversions | | Performance / power conversions, modifications, engine upgrades available for Alfa, Audi, BMW, Chev, Chrysler, Colt, Ford, Honda, Hyundai, Isuzu, Jeep, Kia, Mazda, Mercedes, Mini, Nissan, Opel, Toyota, VW and more... | | | | | | | | | | | | | | | |  | Performance / Power enhancement conversions | | Petrol & Diesel conversions, modifications, engine upgrades available for: | | Alfa, Audi, BMW, Chev, Chrysler, Colt, Ford, Honda, Hyundai, Isuzu, Jeep, Kia, Mazda, Mercedes, Mini, Nissan, Opel, Toyota, VW and more... | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |