| | |  | | PRESS RELEASES | Volkswagen CitiGolf Chico Motor Opgraderings | Verrigting Uitlaatstelsel | Unichip Veringpakket |  |  | MOTOR |  | |  | | VW CitiGolf Chico | | SAC VW CitiGolf Chico 1,4 - 2,0 Veringpakket | | | | | | | | Deel 3... | Steve's Auto Clinic, die verrigtingspesialiste van Vanderbijlpark mat ses takke reg oor die land, is egter die soort plek waar 'n mens met 'n geruste hart sulke werk kan laat doen. SAC is in 1983 deur Stephen Fischer in Vanderbijlpark op die been gebring en is deesdae Suid Afrika se voorste spesialiste op die gebied van petrol- en dieselenjins met takke in Kaapstad, Bloemfontein, Vanderbijlpark, Johannesburg en twee in Midrand. | Die voordeel van SAC is die feit dat hulle uitblink op die gebied van nuwe tegnologie en ontwikkeling en binne bereik van markvereistes bly, soos die omskakeling van die Chico bewys.Die maatskappy het unike geriewe wat hom in staat stel om dienste te lewer soos die opknapping van inspuiters vir petrol- en dieselenjins, algemene versiening en instandhouding, dinamometer-instelling, doelontwerpte uitlaatstelsels en herstelling, enjinherbouings, probleemopsporing, die herkalibrering van enjinbeheerstelsels en die uitskakeling van spoedbeperkers, ombouings en silinderkop-veranderings, die herbouing van silinderkoppe en verskeie gespesialiseerde dienste vir dieselenjins asook turbo-aanjaers en tussenverkoelers.Al SAC se werk dra die AA se gehalteversekering, en word ook deur SAC se eie unike waarborg gedek. | Soos die CitiGolf Chico bewys - die motortjie het skaars 2 000 km agter die blad - word die fabriekswaarborg steeds erken (as dit geraak word, dra SAC dié deel van die waarborg). | Die maatskappy gebruik net die beste toerusting (die nuutste wat ter wêreld beskikbaar is) en alle toets- en ontwikkelingswerk asook instelling word op dinamometers met die nuutste tegnologie gedoen. Die tegnici is opgelei om verrigtingsprobleme op te spoor en te herstel en is nie bloot net onderdele - vervangers nie. SAC voertuie ondergaan 'n 54-punt ondersoek om te verseker geen foute sluip ongesiens deur die stelsel nie. | Kortom: Steve's Auto Clinic is 'n diensverskaffer wat baie vervaardigers se versieningsagente in die skadu stel. Dit is 'n maatskappy met mense wat behoorlik opgelei is om foute op te spoor en verrigting te verbeter sonder om bloot net slytasie-onderdele voor die voet te vervang.Hier word 'n motor se enjin opgetower om tot sy volle potesiaal te kom sonder om betroubaarheid in te boet. Voordele wat daarmee saam kom, is byvoorbeeld uitmuntende petrolverbruik en optimale verrigting in alle rytoestande. | Hoewel hierdie fokus 'n promosie vir SAC is, kan Motor-Beeld hul werk met 'n oop gemoed aanbeveel. Ons het al verskeie van hul voertuie onder hande gehad en kan nie uitgepraat raak oor die verbeteringe nie. Ons ry-indrukke van die CitiGolf Chico 1,4 wat nou 'n tweeliter gemaak is en waarvandaan die verrigting bykans verdubbel is, spreek vanself. | | | | | | | | | | | | | | | |